Fruehsonne.de

Community - Forum / globaler Erfahrungsaustausch
Aktuelle Zeit: Donnerstag 28. März 2024, 23:22

Alle Zeiten sind UTC + 1 Stunde [ Sommerzeit ]




Ein neues Thema erstellen Auf das Thema antworten  [ 2 Beiträge ] 
Autor Nachricht
Ungelesener BeitragVerfasst: Montag 10. Juni 2013, 22:18 
Offline
Benutzeravatar

Registriert: Montag 10. Juni 2013, 18:47
Beiträge: 34
‘n “Versoeningsforum” of ‘n “Onafhanklike Waarheids- en Versoeningskommissie” ??

Daar is heelwat versoeke tot Spade Reen gerig vir die skep van ‘n onafhanklike waarheids- en voersoeningskommissie in Suid Afrika, om die impak en uitwerking van moontlike foute en wanpraktyke in die verlede op menselewens te ondersoek. Die moontlikheid is selfs geopper dat vorige foute en wanpraktyke voortgesit mag word indien dit nie geidentifiseer en aangespreek word nie.
Sover bekend het SR gladnie in die openbaar reageer op sulke versoeke nie, maar wel in interne Inligtingsbriewe melding gemaak van ‘n interne “versoeningsforum”, waarvan bitter weinig besonderhede bekend is.
My vraag is – Is SR bevoeg om ‘n “versoeningsforum” intern te hanteer?
Is dit nie verkieslik om 'n Onafhanklike Waarheids- en Versoeningskommissie te skep nie?

Watter god?

In hierdie plasing is ek weer huiwerig om na God te verwys. Die Spade Reen Sending Internasionaal (SR) se Konstitusie, sowel as hul Inligtingsbriewe, sowel as honderde, indien nie duisende profesie-boodskappe, sowel as vele inskrywings op SR se Facebook forum, verwys na God, die Here, Vader of Christus. Indien daar nou in gevalle bevind mag word dat die God waarna SR se skrywers of profete verwys, valslik geimpliseer word, beskuldig word, of verantwoordelik gehou word vir uitsprake wat gemaak is, of onaangename dinge wat met mense gebeur het, kom dit dus eenvoudig daarop neer dat SR se skrywers of profete hulleself met lasterlike uitsprake besig gehou het. Ek wil nie meemaak aan moontlike laster teen die God van die Bybel nie, dus sal ek in hierdie stuk deurgaans verwys na god, en dit aan die leser oorlaat om te besluit of SR skrywers of profete werklik die God van die Bybel in gedagte gehad het.

Aan wie gerig??

Ek rig hierdie gesprek nie aan die President, die Uitvoerende Hoofbestuur, die Werkersraad, Raad van Gryses, Gemeentekomitees of enige ander komitees of rade van SR nie, maar aan SR self, al sy lidmate, oud-lidmate, belangstellendes en betrokkenes oor die ganse wereld.

Die regte kanale??

In gesprekke op Facebook, Kletskerk en Solidariteit Radio is daar telkens gemaan dat mense wat klagtes of griewe het, of vrae wil vra aangaande SR lidmate se optrede, dit deur die regte kanale moet doen. Ek vind egter dat hierdie huisreel telkens verbreek is deur SR lidmate self, en dat daar in die openbaar heel gemaklik veroordelend geskryf is teen mense wat die sisteem van SR bevraagteken het, of SR lidmate se optrede bevraagteken het.

In SR se Inligtingsbriewe tussen 2010 en 2012 is daar telkens versoek dat lede uitnodigings rig aan persone wat SR reeds verlaat het, en moontlik aan die “versoeningsforum” sou wou deelneem. Hierdie was na my mening ‘n halfhartige poging om gegriefdes by gesprekke te betrek. Ek is oortuig dat SR lidmate moes besef dat hulle nie ‘n fraksie van die gegriefdes wat oor die jare uit SR weg is op die manier sou bereik nie.

Twee vrae kom by my op –
1. Waarom nie uitnodigings rig deur die nasionale pers, en die werkinge van die “versoeningsforum” uiteensit nie? Het die moontlikheid nie by SR lidmate opgekom dat daar veel meer gegriefdes buite SR sit as binne die kerk nie, en dat ‘n private inligtingsbrief net hul gewete sou sus, en nie van ‘n ware versoenings-inisiatief kon getuig nie?

2. Waarom nie mense per privaatboodskap kontak wat spesifieke versoeke vir ‘n Waarheids- en Versoeningskommissie gerig het nie?
Ek het self verskeie briewe aan Jatniel geskryf en griewe geopper, en ook verskeie versoeke op SR se Facebookforum en elders geplaas, en nooit het iemand vanaf Jatniel my genader om my uit te nooi na so ‘n “versoeningsforum” nie. My plasings is wel sonder verduideliking van SR se Facebookblad verwyder, en verskeie SR lidmate het dit goed gedink om my as vyand, lasteraar, die dissipel met die duiwel, of derglike onaardigheid te beskryf.

Die aard van die “versoeningsforum” ?

Aanhalings uit Inligtingsbriewe

1. “Daar is vanuit verskeie oorde ‘n versoek ontvang om ‘n “versoeningsforum” te skep-“
2. “- sodat persone wat met emosionele wonde en gepaardgaande pyn uit die hede en verlede worstel van die proses of geleentheid gebruik kan maak om afsluiting en versoening te bewerkstellig –“
3. “ - die prosedures om so ‘n proses in die lewe te roep word nog bespreek – “
4. “Daar sal weer per geleentheid oor die saak gekommunikeer word.”
5. “ - indien u van ‘n persoon of persone weet wat nie meer by Spade Reen aanbid nie, maar wat wel ‘n behoefte het om vrede met die verlede te maak, diegene sal aanmoedig om met die President in verbinding te tree – “
6. “Ons kyk ook na ander opsies hoe om die aangeleentheid te hanteer sodat die verlede afgesluit kan word – “
7. “Die beginsel van die versoeningsaksie is om genesing te ontvang en nie om te vergeld nie.”
8. “Versoening vind nie plaas sonder om tyd in die teenwoordigheid van die Here te spandeer nie.”
9. “Versoening vind nie plaas sonder ‘n bereidwilligheid om te verander nie.”
10. “Versoening vind nie plaas sonder verootmoediging voor die Here nie asook die tegemoetkoming van albei partye wat gewillig is om mekaar te nader en te vergewe nie.”

Aanhalings uit Konstitusie

1. “Dit sal in stryd met die leer van die sending wees indien die persoon / persone aan wie so ‘n belydenis gemaak is dit op enige wyse aan enige ander persoon openbaar tensy die persoon wetlik daartoe verplig word. - - -“
2. “Waar ‘n lid enigiemand op enige gebied benadeel het, sal die lid, benewens deur dit teenoor daardie persoon te bely, daardie persoon sover moontlik dit binne sy vermoe is, so gou as moontlik vergoed vir die skade so gely.”
3. “ - - vrye beoefening van al die geestelike gawes - - dat die gawes alleenlik tot stigting en troos en bemoediging van die gemeente mag dien - -“

Ek aanvaar dat hierdie bepalings in SR se konstitusie Bybels gefundeerd is. Dit sal dus interessant wees om vas te stel of hierdie bepalings ‘n verpligte, integrale deel van die versoeningsproses uitgemaak het. Indien nie, is dit dus voor die hand liggend dat die versoeningsproses onkonstitusioneel en on-Bybels verloop het.

Wat van die die forum???

Behalwe vir ‘n effe onsamehangende relaas aangaande Jakob en Esau in ‘n SR Inligtingsbrief, ‘n relaas gelaai met herinnerings van geestelike manipulasie en misbruik, is daar enige uiteensetting gegee van die meganisme van so ‘n “versoeningsforum” of selfs van “ander opsies”?

Is so ‘n forum gestig?

Is die meganisme daarvan uitgespel, gedokumenteer en gepubliseer?

Word die “versoeningsforum” as ‘n funksie van die bestuurshierargie van SR hanteer, of onder die direkte beheer en bestuur van die profeet?

In geval van laasgenoemde, watter waarborg word daar verskaf dat die woord van die profeet die woord van god is, en wie aanvaar aanspreeklikheid indien daar bevind word dat ‘n vals profesieboodskap gelewer is?


Nach oben
 Profil  
Mit Zitat antworten  
Ungelesener BeitragVerfasst: Donnerstag 13. Juni 2013, 20:31 
Offline
Benutzeravatar

Registriert: Montag 10. Juni 2013, 18:47
Beiträge: 34
Ons probeer soveel moontlik ondersteuning in Suid Afrika werf vir 'n Onafhanklike Waarheids- en Versoeningskommissie na Spade Reen Sending aangeleenthede.

Ons sal bly wees as u van u Facebook vriende wat die saak goedgesind is na onderstaande Facebook groep sal verwys.

https://www.facebook.com/groups/674935572532850/


Nach oben
 Profil  
Mit Zitat antworten  
Beiträge der letzten Zeit anzeigen:  Sortiere nach  
Ein neues Thema erstellen Auf das Thema antworten  [ 2 Beiträge ] 

Alle Zeiten sind UTC + 1 Stunde [ Sommerzeit ]


Wer ist online?

Mitglieder in diesem Forum: 0 Mitglieder und 8 Gäste


Du darfst keine neuen Themen in diesem Forum erstellen.
Du darfst keine Antworten zu Themen in diesem Forum erstellen.
Du darfst deine Beiträge in diesem Forum nicht ändern.
Du darfst deine Beiträge in diesem Forum nicht löschen.
Du darfst keine Dateianhänge in diesem Forum erstellen.

Suche nach:
Gehe zu:  
cron
Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group
Deutsche Übersetzung durch phpBB.de

Impressum