Fruehsonne.de

Community - Forum / globaler Erfahrungsaustausch
Aktuelle Zeit: Donnerstag 28. März 2024, 10:33

Alle Zeiten sind UTC + 1 Stunde [ Sommerzeit ]




Ein neues Thema erstellen Auf das Thema antworten  [ 1 Beitrag ] 
Autor Nachricht
 Betreff des Beitrags: Slawerny in die 21ste eeu???
Ungelesener BeitragVerfasst: Dienstag 11. Juni 2013, 10:30 
Offline
Benutzeravatar

Registriert: Montag 10. Juni 2013, 18:47
Beiträge: 34
‘n Noue Ontkoming

Ek was redelik nou betrokke met hierdie gebeure omdat ek van die betrokkenes raadgegee en bemoedig het.
‘n Jongman uit die buiteland, so in sy mid-dertigs, wat vir jare in die tronk was weens ‘n ernstige misdaad, het in daardie land by ‘n geloofshuis aangesluit na sy tronkstraf uitgedien was. Hy het ‘n bietjie moeilik aangepas, was rebels, en die huisvader wou hom met alle geweld uitskop.

Die man was ‘n bedrewe ambagsman, en ‘n ou hoofprofeet wou glo nie sy dienste verloor nie. Hy het gereel dat die man na ‘n geloofshuis in Suid Afrika oorgeplaas word, en het glo voorgestel dat hy daar ‘n vriendin, verkieslik ‘n Geloofshuis-sussie bevriend met die oog op ‘n huwelik. Op die manier sou dit glo makliker wees om in Suid Afrika verblyfreg te kry. As hy dan nog met die dogter van welaf ouers trou is dit ‘n dubbele bonus vir hom en die geloofshuis.

Die proses het eintlik heel maklik verloop. As ‘n jongman sy oog op ‘n nooi het, skryf hy ‘n brief aan die hoofprofeet, en die bid dan oor die saak. As die verhouding die Here se seen wegdra, is dit koeel feitlik deur die kerk. Die antwoord is so goed as ‘n opdrag van God dat die twee met mekaar moet trou, en die Sussie het bitter min die moed om die jongman se attensies te weier, hoofsaaklik uit vrees dat sy God se opdrag ongehoorsaam is. Sy leef in doodse vrees dat sy onheile oor haarself en gesin sal bring as sy in ‘n verhouding met ‘n ander jongman ingaan, iemand vir wie sy dalk werklik lief is.

Die man se misdaadverlede is geheim gehou. Hy het heel gou sy oog op ‘n Geloofshuis-sussie gehad, en aan almal laat verstaan dat hy by Die Oom toestemming wil vra om ‘n vaste verhouding aan te gaan. Twee juniorwerkers het haar ouers gewaarsku, en voorggestel dat hulle met die hoofwerker van die geloofshuis praat sodat hy die jongman kan belet om eers aan Die Oom te skryf. Die een juniorwerker het selfs vertel van sy eie dogter wat byna in so ‘n strik beland het, en hoedat hy Die Oom moes dreig om nie die verhouding goed te keur nie.

Die ouers het die hoofwerker gaan spreek, en hy het hulle hart en mond belowe dat die jongman nie sonder sy toestemming mag skryf nie, en dat hy geensins toestemming sal gee dat die jongman aan Die Oom skryf nie. Die volgende berig wat die ouers ontvang is dat die jongman die brief geskryf het, en dat die hoofwerker dit afgestuur het na Jatniel.

Die ouers het per spoedpos aan Die Oom geskryf, hom uitdruklik laat verstaan dat hulle nie sal toestemming gee tot die verhouding nie, en dat hulle die saak in Spade Reen en in die pers rugbaar sal maak, en ook met die immigrasieowerhede in verbinding sal tree.
Die ouers het per kerende pos ‘n ontvangserkenning van Die Oom gekry, met hierdie kommentaar – “Die Here keur nie die verhouding goed nie.”

Was slawerny dus steeds in die 21ste eeu bedryf?

Latter

NS. Daar was heelwat belangstelling uit Suid Afrika in die Gnadenkinder forum in Duitsland, maar heelwat probleme is met die vertalings ondervind, en Suid Afrikaners is nie toegelaat om bydraes in Afrikaans te plaas nie.

'n Nuwe forum is ge-open, hoofsaaklik in Duits, maar 'n spesiale afdeling is ingerig - "Forum vir Afrikaanse en Engelse lede - Spade Reen ondervinding" Almal wat daar wil saamgesels is welkom. Dit is raadsaam om van 'n skuilnaam gebruik te maak.

Ek verneem dat Blourok lidmate ontmoedig is om op Kletskerk deel te neem, maar ek glo dat Kletskerk 'n onmisbare rol gespeel het, en steeds sal speel om die onderdrukking van menseregte aan die kaak te stel.


(I will be happy to provide an English translation upon request.)


Nach oben
 Profil  
Mit Zitat antworten  
Beiträge der letzten Zeit anzeigen:  Sortiere nach  
Ein neues Thema erstellen Auf das Thema antworten  [ 1 Beitrag ] 

Alle Zeiten sind UTC + 1 Stunde [ Sommerzeit ]


Wer ist online?

Mitglieder in diesem Forum: 0 Mitglieder und 1 Gast


Du darfst keine neuen Themen in diesem Forum erstellen.
Du darfst keine Antworten zu Themen in diesem Forum erstellen.
Du darfst deine Beiträge in diesem Forum nicht ändern.
Du darfst deine Beiträge in diesem Forum nicht löschen.
Du darfst keine Dateianhänge in diesem Forum erstellen.

Suche nach:
Gehe zu:  
cron
Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group
Deutsche Übersetzung durch phpBB.de

Impressum