Child of Rage The FULL Documentaryhttp://www.youtube.com/watch?v=g2-Re_Fl_L4Die bygaande video het my weereens herinner aan die absolute laakbaarheid en skandaligheid wat 'n kerk openbaar deur :
-- kindermolestering in sy midde te troetel,
-- dit toe te smeer,
-- ander kindertjies deur onverskillige en onverantwoordelike gedrag aan sulke gevare bloot te stel, en
-- nie so gou moontlik te sorg dat slagoffers die beste professionele hulp moontlik ontvang nie
Anke se geval was skynbaar vanaf vyftienjarige ouderdom goed bekend aan die kerk-owerhede. Al waaroor hulle blykbaar besorg was is om haar so vinnig moontlik te dwing om die skuldige/s te "vergewe", iets waartoe sy op haar ouderdom, en in haar gemoedstoestand geheel en al nie in staat was om te doen nie, en om haar later, op 18 jarige ouderdom te dwing om 'n belofte te doen dat sy nie die saak aan die polisie sal rapporteer nie.
Anke, in Suid Afrika, het, sover ek kan aflei, op 24 jarige ouderdom op eie inisiatief en onkoste sielkundige hulp bekom.
'n Ander persoon het onlangs aan my geskryf dat hy en sy ouers onder bittere omstandighede die geloofshuis verlaat het, en dat hy na jare se sielkundige berading eers in staat was om dit bitterheid en seer tot 'n mate te verwerk. En, let wel, hy was nie eens gemolesteer nie.
Om te "vergewe" verg in die meeste gevalle van onderdrukking, verwerping, molestering, dreigemente en vrees-indoktrinasie die jarelange sorg en leiding van professionele sielkundiges.
Om in die bidkamer saam met 'n "betroubare getuie" te gaan wegkruip, jou seer en bitterheid "uit te bely" teenoor iemand wat dalk self van kindsaf onder seer en bitterheid ly, of dalk self 'n pedofiel of kindermolesteerder is, is so goed of jy smeer spoegies aan 'n wrede kanker wat al besig is om op die veloppervlak uit te bars.
Latter