Fruehsonne.de
http://fruehsonne.de/

Rassisme in Spade Reen Suid Afrika ??
http://fruehsonne.de/viewtopic.php?f=11&t=23
Seite 1 von 1

Autor:  latterrainer [ Samstag 15. Juni 2013, 19:13 ]
Betreff des Beitrags:  Rassisme in Spade Reen Suid Afrika ??

Ek het onlangs in 'n artikel die volgende gevra - "Is die Heilige Gees rassisties?"

Ek het veral vrae gevra in verband met diskriminasie teenoor die Kleurlingwerk in Suid Afrika.

'n Persoon antwoord as volg op daardie vraag -
Zitat:
- - ek het beangstelling jou sentimente,bekommernisse en waarhede gelees. Ek kan geensins met verskil nie. Inteendeel die hele SR moet hervorm word sodat daar n diepliggende eksterne ondersoek gelas behoort te word ten einde die vergrype van die velede te ontbloot. Tot dusver word daar net gepraat maar geen daad word tot die woord gevoeg nie. Waarom al die probleme in die buiteland? Die belange van SR word nie beskerm nie, maar wel die belange en posisies van sekere persone word vooropgestel. Die verkiesing en aanwysings van ampdreaers is ook 'n klug en kerklik polities gemanupileer. Ons enersdenkers moet bymemaar kom ten einde die vergrype en veskansing van posisie verder te dryf.

As 'n kleurling Spade Reen lid wens ek te bevestig dat rasissme nog deel is van SR. Die feit dat kleurlingwerkers op Jatniel se verhoog sit is bloot kosmeties van aard. Kyk maar na die topbestuur, almal nog net blankes. Die uitsprake dat SR n nuwe weg ingeslaan het, het nog nie gerealiseer nie. Daar was in die verre verlede kleurlingprofete wat slegs vir kleurlinge geprofeteer het. Die buiteland geniet meer aandag as die kleurlinge hier in SA. Kleurlingwerkers word nie in blanke gemeentes aangestel nie, ten spyte dat ons bekwame werkers het. Jong onervare blankes word aangestel en kleurlingwerkers word oor die hoof gesien. Ons kan nie in die huidige omstandighede verder so aangaan nie. Die topbestuur moet drasties verander. Finansieel kan die kerk nie meer bekostig om twee geloofshuise in n dorp in stand hou nie. Om jou vraag te beantwoord - die Heilige Gees is nie rasisties nie, maar diegene wat nie verandering soek nie, maar nog skuil en vasklou aan mag en voorregte.

Niemand van die topbestuur sal vorendag kom nie. Ons moet hulle dwing om met n bekwame spoed die waarheidskomissie te implementeer, en as n tussentydse reeling 'n interim bestuur te kies wat verteendigend van alle rasse is sodat die kommissie geloofwaardigheid kan geniet.
Hierdie klink vir my na 'n uiters hartseer situasie, een wat sekerlik die aandag van die Menseregtekommissie in Suid Afrika verdien.

Latter

Seite 1 von 1 Alle Zeiten sind UTC + 1 Stunde [ Sommerzeit ]
Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group
https://www.phpbb.com/