Fruehsonne.de

Community - Forum / globaler Erfahrungsaustausch
Aktuelle Zeit: Freitag 29. März 2024, 00:42

Alle Zeiten sind UTC + 1 Stunde [ Sommerzeit ]




Ein neues Thema erstellen Auf das Thema antworten  [ 1 Beitrag ] 
Autor Nachricht
Ungelesener BeitragVerfasst: Sonntag 16. Juni 2013, 14:39 
Offline
Benutzeravatar

Registriert: Montag 10. Juni 2013, 18:47
Beiträge: 34
Spade Reen Sondagskool les - 5 tot 8 jaar

"- Wat moet ons doen om ‘n skoon, nuwe hart te kry? - "

Belydenis.
"- Ons neem al ons sonde na die Here toe, en Hy gee ons ‘n skoon, nuwe hart."

Die geheim wat van heel vroeg af reeds by die kindertjies ingedreun word is dat sondebelydenis voor ‘n “betroubare" getuie gedoen word. Die kinders is in baie Sondagskoolklassies van heel vroeg as gedwing om hul sonde voor die “meneer” of “juffrou” te bely.

Die kindertjies is voortdurend vrees ingeboesem dat hulle nie hemel toe gaan as hul hartjies nie uitbely is nie.

Die kind se ouers het nooit inspraak gehad in die seleksie van hierdie “betroubare" getuie nie.

Watter sondes moes die klein bloedjie bely?

Daar is vir hulle allerhande storietjies vertel van hoe stout kindertjies kan wees, en velerly suggesties gemaak van watter gedagtetjies en gesindhede dan nou sonde sou wees, en die kleingoed het bely om van die vrees ontslae te raak.

Dikwels het ‘n mens gehoor van kleingoed wat nagmerries kry van stoutighede wat hulle gedoen het, en dat Liewe Jesus vir hulle kwaad is.

Spade Reen Sondagskoolles Gr 8

- Waar moet ek nou bely?
- Voor ‘n getuie.

Moet nie vir een oomblik dink hierdie lessie van belydenis voor ‘n getuie word nou, in Gr 8, die eerste maal gebring nie. By die Blourokke is daar slegs een manier van bely, en dit is voor ‘n getuie.

En as die profeet baie kwaad was vir jou, moes jy sommer jou skandes voor die hele vergadering bely. Die kleuters was alreeds in die Sondagskool gedwing om dit voor ‘n getuie te doen.

Spade Reen Sondagskoolles Gr 10

- In Gr 10 word die kind weer baie deeglik geleer dat hy die sonde korrek, voor ‘n getuie moet bely, om die vrees vir die hemelse oordeel vry te spring.

Sondagskoolles Gr 10 – Geheimhouding

- Liewe Jesus leer die kinders om nie uit die Heiligdom te praat nie, veral nie oor profesie nie.
- As ‘n mens ‘n profesie boodskap oordra aan iemand wat nie in die diens was nie, en nie onder die bloed is nie, kan jy die oorsaak wees dat die persoon aan wie jy die boodskap uit die Heiligdom oordra geestelik sterf.
- Dit kan selfs gevaarlik wees vir die kind wat geheime uit die Heiligdom na buite toe uitpraat.
- Dit kan iemand se fisiese dood beteken.

Kommentaar

Hier het ‘n mens die perfekte resep vir kondisionering van kinders, vir breinspoeling.

Die bestanddele-
- Vrees
- Skuldkompleks
- Geheimhouding van dinge in die Heiligdom gehoor
- Geheimhouding van dinge in sondebelydenis onder bloed gepleit
- Jesus se liefde
- Jesus se toorn, straf
- Iemand se hart seermaak
- Iemand anders se dood veroorsaak

Is dit selfs nodig om nog te illustreer hoe ‘n pedofiel of kindermolesteerder in ‘n kind se gemoed kan indring, hom geheel en al kan maniputeer om soos klei in sy hande te word?

As die meeste ouers nie die gifangel in hierdie rituele en praktyke van Spade Reen kan raaksien nie, hoe op aarde moet ‘n brose kind die helse vervloeking onderskei waarin hy stadig, stelselmatig geinisieer en ingesuig word?

As ‘n kindjie vanaf kleuter ouderdom so gebreinspoel word, is dit moontlik die enigste manier hoe hy kan dink wanneer hy ouer is. Menige kinders kan nie vanself uit hierdie staalgreep van die kerk-sisteem kom nie, en moet waarskynlik professionele sielkundige berading ontvang om sy gemoed skoon te kry.

En die tragedie is dat feitlik niemand berading ontvang nie. Die meeste van hulle is boonop nog geleer dat sielkundiges van die Duiwel is.

‘n Geval wat my steeds bybly, is die van ‘n aantal seuns wat in die kloue van een van die voorgangers beland het omdat hy in sondebelydenis van hul homoseksuele neigings te hore gekom het. So het hy van die seuns gedwing tot seksuele verhoudings met hom. Een van hulle het na ‘n hoof-profeet gegaan en met die hele sak patats vorendag gekom. Die profeet het van die ander voorgangers ingeroep om as getuies te dien. In die eerste kerkdiens na hierdie openbaring het die profeet die seun voor die volle vergadering verskriklik bestraf in profesie. Hy het die vernedering van sy lewe ervaar. Hy is beskuldig van leuentaal, beesagtige gedrag, vieslike gedagtes, en pogings om die gesag in die moeilikheid te bring. Hy is toe ook sumier uit die diens gejaag.

En dan die walglike tirannie, die vreesinboeseming - Soos die geval toe 'n profeet wat 'n renons het aan die jonges wat sit en kougom kou in die jeugdiens. Hy kan hulle nie ordentlik aanspreek en dissiplineer nie. Nee, spoeg maar 'n kras, veoordelende profesie uit. "Die volgende een wat in hierdie diens kougom kou gaan klem in die kaak kry".

Heel indrukwekkend?
Nee, heel pateties, lagwekkend!


Nach oben
 Profil  
Mit Zitat antworten  
Beiträge der letzten Zeit anzeigen:  Sortiere nach  
Ein neues Thema erstellen Auf das Thema antworten  [ 1 Beitrag ] 

Alle Zeiten sind UTC + 1 Stunde [ Sommerzeit ]


Wer ist online?

Mitglieder in diesem Forum: 0 Mitglieder und 5 Gäste


Du darfst keine neuen Themen in diesem Forum erstellen.
Du darfst keine Antworten zu Themen in diesem Forum erstellen.
Du darfst deine Beiträge in diesem Forum nicht ändern.
Du darfst deine Beiträge in diesem Forum nicht löschen.
Du darfst keine Dateianhänge in diesem Forum erstellen.

Suche nach:
Gehe zu:  
cron
Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group
Deutsche Übersetzung durch phpBB.de

Impressum