Fruehsonne.de

Community - Forum / globaler Erfahrungsaustausch
Aktuelle Zeit: Freitag 29. März 2024, 00:09

Alle Zeiten sind UTC + 1 Stunde [ Sommerzeit ]




Ein neues Thema erstellen Auf das Thema antworten  [ 1 Beitrag ] 
Autor Nachricht
Ungelesener BeitragVerfasst: Sonntag 16. Juni 2013, 14:28 
Offline
Benutzeravatar

Registriert: Montag 10. Juni 2013, 18:47
Beiträge: 34
Facebook - Skandvlekke in Blourokke se liefdesmaaltye ???

Terwyl ek besig is om gerugte en beweringe van negatiewe ervarings en gebeure onder lidmate en oud-lidmate van Spade Reen te ontleed, kom ek telkens af op teenstrydighede en insidente in SR se Facebookblad.

Voorheen was daar versoeke op die blad gerig vir ‘n Onafhanklike Waarheids- en Veroeningskommissie. Die versoeke is sonder verklaring of kommentaar verwyder.

Onlangs skryf ‘n vrou oor ‘n ongelukkige ervaring, en sy word sonder seremonie die swye opgelê.

‘n Man rig ‘n dringende versoek vir die aanstelling van ‘n Onafhanklike Waarheids- en Versoeningskommissie na sekere beweerde wandade en ongerymdhede. Hy word ook sumier die swye opgelê.

In reaksie op bogenoemde plasings word daar vanuit Jatniel dreigemente gerig teen lidmate wat negatiewe of afbrekende kommentaar op die blad skryf. Daar word duidelik aangedui dat Vryheid van spraak perke het, en dat persone wat die reels oortree vervolg mag word.

Ongeag die feit dat Jatniel ontken dat die FB blad ‘n amptelike SR forum is, kry ‘n mens tog die indruk dat hulle die blad beheer. In die lig hiervan word negatiewe, beledigende, en selfs rassistiese kommentaar op bogenoemde inskrywings betreur. Sekere inskrywings en kommentaar kan selfs as haatspraak beskou word.

Die jongste inskrywing wat die wenkbroue laat lig is een waar ‘n skakel geplaas word na ‘n Youtube video van ‘n sekere Profetes
Apostel Elisabeth Jesaja Nikomia. (Sien skakel onderaan)

Hierdie skakel bring ‘n hele paar vrae na vore –
• Is hierdie profetes goedgekeur en aangestel deur SR se president ooreenkomstig hulle konstitusie?
• Ten spyte van die feit dat sy bekend is daarvoor dat sy uiters veroordelende en verdoemende uitsprake lewer, word dit nie beskou as ‘n negatiewe plasing op SR se FB blad nie?
• Is haar profesie aanvaarbaar vir Jatniel en SR, al verklaar sy dat haar profesie groter gesag het as die Bybel?
• Onderskryf Jatniel haar boodskappe, al verkondig sy dat ‘n mens slegs ‘n lid van die bruidsgemeente van Christus is as jy ‘n lid van haar “Amightywind” bediening is?
• En is haar boodskappe aanvaarbaar, al verklaar sy enigiemand as satanies wat haar profesie bevraagteken?

Daar is bewerings dat daar steeds deur Jatniel teen Kleurlinge gediskrimineer word.

Sal ‘n kleurlingprofeet van SR toegelaat word om ‘n profesieboodskap op die FB blad te plaas, al is hy nie deur die president aangestel as profeet nie?

Mag hy sy profesieboodskap plaas, al bevat dit ‘n veroordelende, verdoemende boodskap?

Hoe meer ‘n mens die gerugte en beweringe van fisiese en geestelike molestering en mishandeling, finansiele vergrype, intimidasie en beheer, breinspoeling van kinders, leuenagtige profesie en selfs versuim om aanmeldbare misdade te rapporteer, in ag neem, hoe meer vat die gedagte pos dat hier sprake mag wees van ernstige skending van menseregte.

http://www.youtube.com/watch?feature=pl ... gmvqCDbRwI


Nach oben
 Profil  
Mit Zitat antworten  
Beiträge der letzten Zeit anzeigen:  Sortiere nach  
Ein neues Thema erstellen Auf das Thema antworten  [ 1 Beitrag ] 

Alle Zeiten sind UTC + 1 Stunde [ Sommerzeit ]


Wer ist online?

Mitglieder in diesem Forum: 0 Mitglieder und 7 Gäste


Du darfst keine neuen Themen in diesem Forum erstellen.
Du darfst keine Antworten zu Themen in diesem Forum erstellen.
Du darfst deine Beiträge in diesem Forum nicht ändern.
Du darfst deine Beiträge in diesem Forum nicht löschen.
Du darfst keine Dateianhänge in diesem Forum erstellen.

Suche nach:
Gehe zu:  
cron
Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group
Deutsche Übersetzung durch phpBB.de

Impressum