Fruehsonne.de

Community - Forum / globaler Erfahrungsaustausch
Aktuelle Zeit: Donnerstag 28. März 2024, 16:20

Alle Zeiten sind UTC + 1 Stunde [ Sommerzeit ]




Ein neues Thema erstellen Auf das Thema antworten  [ 1 Beitrag ] 
Autor Nachricht
 Betreff des Beitrags: Beskerm ons werklik ons kinders??
Ungelesener BeitragVerfasst: Samstag 6. Juli 2013, 14:35 
Offline
Benutzeravatar

Registriert: Montag 10. Juni 2013, 18:47
Beiträge: 34
Ons as geloofsgemeenskap moet onsself dringend die vraag afvra hoe veilig ons kinders in ons eie huise en kerke is, en hoe effektief ons wetgewing aangewend word om die veiligheid en menseregte van ons kinders te beskerm.

Die vrou se aandeel in pedofilie

In 'n studie "What Predator's Wives really know", gedoen deur Deborah Schurman-Kauflin, Ph.D, kom die navorser voor tot die volgende gevolgtrekking -
"In my years of profiling violent crimes, I have found that in the majority of cases that I studied, the spouses knew about the child molestation which was carried out by their spouses."

In die geval van die hofsaak teen die pedofiel Hokkie Strauss in Suid Afrika, het 'Anke', die slagoffer, getuig dat Strauss haar snags gaan haal het uit die bed waar sy saam met haar boetie geslaap het, en haar soms by hom en sy vrou in hul bed ingeneem het.

Baie verwyte is teen Anke geslinger omdat sy Strauss krimineel aangekla het. Ook is sy verwyt vir die feit dat Strauss se vrou bitter swaar sou kry indien hy skuldig bevind word en tronk toe moet gaan.

Halloooooo!!!!
Die tannie snork so kwaai dat sy nie wakker word van die krimineel se eskapades in haar eie bed nie????

Is ons sameleweing so argeloos t.o.v. ons kinders se veiligheid en menseregte dat ons wetgewing nie die ondersoek van medepligtigheid van die vrou verpligtend maak nie?

Die Kerk se aandeel

Die kerk se aandeel om die ganse insident onder die mat van geheimhouding in te vee, die man in sy amp as werker te behou, en hom selfs as die hoof van 'n gemeente aan te stel, gaan beslis ook nie ongesiens verby nie.

Is ons samelewing so argeloos t.o.v. ons kinders se veiligheid en menseregte dat ons wetgewing nie die aanklag van medepligtigheid teen die kerk en kerkhoof verpligtend maak nie?

Latter


Nach oben
 Profil  
Mit Zitat antworten  
Beiträge der letzten Zeit anzeigen:  Sortiere nach  
Ein neues Thema erstellen Auf das Thema antworten  [ 1 Beitrag ] 

Alle Zeiten sind UTC + 1 Stunde [ Sommerzeit ]


Wer ist online?

Mitglieder in diesem Forum: 0 Mitglieder und 3 Gäste


Du darfst keine neuen Themen in diesem Forum erstellen.
Du darfst keine Antworten zu Themen in diesem Forum erstellen.
Du darfst deine Beiträge in diesem Forum nicht ändern.
Du darfst deine Beiträge in diesem Forum nicht löschen.
Du darfst keine Dateianhänge in diesem Forum erstellen.

Suche nach:
Gehe zu:  
cron
Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group
Deutsche Übersetzung durch phpBB.de

Impressum